Verheerlik God deur reg te leef
“Wie reg leef, verheerlik God. Wie na slegte dinge smag, word daardeur verwoes”
Spreuke 11:27
In hierdie gedeelte soek een persoon ywerig na dit was goed is, omdat hy nuuskierig is oor die goeie, terwyl ‘n ander kwaad soek omdat hy nuuskierig is oor die kwaadwillige.
As ons na goed in ander se lewens soek of maniere soek om hulle lewens te verryk, sal ons guns van beide God en die mens ontvang.
Laat ons in hierdie week altyd ywerig die goeie in mense, in verhoudings, in take, in gesprekke soek, eerder as onheil of die kwaadwillige.
In lydenstyd kyk ons nuut na mekaar. Ons sien die moontlikhede in mekaar en situasies raak.
