Hoekom ons deur verskillende seisoene móét gaan
Elke ding het sy vaste tyd; elke ding in hierdie wêreld het sy tyd.
Prediker 3:1
Net soos ons deur die jaar verskillende seisoene ervaar en beleef, so is dit ook in die menslike lewe.
Ons gaan deur baie dinge in ons lewens wat ons seisoene kan noem. Ons beleef soms somers, winters, herfse en lentes in ons eie lewens.
Dis nie altyd lekker om deur hierdie seisoene te gaan nie, maar dis nodig dat ons wel deur dit gaan, sodat ons meer en meer van God bewus word.
Hoe dit ookal sy, ons moet in ons tye van verandering op God bly vertrou. Ons moet ons geloof behou. Dit mag ons nie stroop van ons geloof. Ons moet aan God se liefde bly vashou.
Galasiëra 6:9 sê ons moet nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Mag die week vir u geseend wees te midde die seisoen waarin u is.
