Back To Top

 Ons verstaan van God die pottebakker, en ons die klei
25 March 2024

Ons verstaan van God die pottebakker, en ons die klei

“Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.”

2 Korinthiërs 4:7

Ons is inderdaad kleipotte in God se hande en dis iets wonderliks om te besef.

God vertrou ons (kleipotte wat maklik breek) met só baie. Hy plaas Sy woord en gees in ons om dit uit te dra. Ten spyte van die krake, die stukke wat afgebreek is, het God ‘n baie hoë agting vir die mens wat hom-/haarself oorgee in Sy hande.

Ons weg deur die lewe is nie altyd glad en gelyk nie. Dis ‘n stryd. Daar is die hoogtes en dieptes langs elkeen van ons se lewensweg. Dit is dinge waarmee ons moet saamleef.

En alhoewel ons dan soos die kleipotte maklik kan breek, is dit vertroostend om te weet dat Jesus Christus ons nooit verlaat nie. Hy is altyd daar; gereed om ons gekraakte, gebreekte, beskadigde, vernielde kleipotte op te tel en weer heel te maak om weer gebruik te kan word.

Laat ons nadink oor: Waar kry jou kleipot seer? Hoe swaar is jou swaar? En is God se krag ‘n werklikheid in jou lewe?

Prev Post

Volkswagen’s AutoPavilion celebrates 20 years of success

Next Post

Our hands are instruments in fulfilling God’s purpose for us

post-bars

Related post